Ons hoë priester heilig
'n Heilige Hoë Priester is ons ewig Heer
die credo van geloof, dit is ons godsdiensleer
'n Vader God, die Skepper van geheel ons al
Verlosser van Sy kinders, male sonder tal.
Die Seun is self die offer wat voorsiening werf –
vir Ons die redding bring van ewige verderf.
'n Hoë Priester-Gode Seun wie die heiligdom ingaan
Geheilig, self daar voor die regtertroon kom staan-
Vir sondig mens voor die altaar kom intree
Dat ons kan deel vergifnis van ons sonde wee
Vir onse veel gebreke medelye kan hê
Ons van ganser harte dank en lof kan sê.
'n Hoë Priest in die allerheiligdom.
Daar met Sy bloed gekoop die straf wat ons toekom,
En met oorwinningsmag 'n voorspraak vir ons is.
Daaronder onse sonde dek en dit uitwis
Ons aan die Vader onse dank en eer kon bring
En so met blydskapsvryheid, lof aan God kon sing.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 15 April 1984